Hier's die beskuit resep. Soortgelyk aan die een wat ek by my ma geleer het, maar nie heeltemal nie. Vir variasie kan mens rosyne of muesli en allerlei sulke lekker dinge inmeng. Ek het selfs eenkeer stukkies sjokolade ingegooi. Lekker.
Bruin Beskuit:
Voorverhit die oond tot 180grade Celsius en smeer 'n bak plaat (groterig uit die aard van die saak maar nie te groot nie)
Bestandele:
3 Koppies volgraan meelblom
3 Koppies meelblom
3 Eetlepes bakpoeier
3/4 Koppie wit suiker
3/4 bruin suiker
1 Teelepel sout
500ml Karringmelk
250g Margarien
Smelt die margarien en meng die karringmelk in.
Meng al die droee bestandele saam in 'n mengbak. Ek's te lui om dit te sif so ek verbeel myself maar net dat ek alles goed meng.
Voeg die botter/karringmelk mengsel by en meng alles goed-goed deur. Eet tussendeur stukkies nat beskuit en deel met enigiemand in die omgewing van wie jy jou.
Druk alles uit in die bak plaat en bak in die warm oond vir so 45minute.
Laat die beskuit afkoel en sny dan in stukke. Rangskik dit mooi op 'n droog rak en droog dit uit in die oond teen 80grade C. Die oond deur moet nie heeltemal toe wees nie. Ek droog dit gewoonlik vir so 2 ure. Toets-toets tussenin want dit is lekker.
Hier is 'n foto van Alexander wat die nuwe baksel geniet saam met sy koffie.
Thursday, May 10, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment