Nou is daar nog een ontbyt oor voor ons in die pad val. Die laaste ontbyt gaan na alle waarskynlikheid iets eenvoudigs wees, die gewone muesli met soya melk. Maar vir die voorlaaste ontbyt het ek besluit om iets anders te doen. Eierwit omelette.
Ek gebruik gewoonlik die hele eie om 'n omelet te maak, maar ek het gister 'n resep gesien waar net eierwit gebruik is, so toe besluit ek om dit te probeer.
Wat jy nodig het is 'n paar eiers, pine nuts en blou kaas.
Rooster die pine nuts liggies in 'n pan tot hulle bruinerig is en hou dit eenkant. In 'n bakkie, meng 3 eierwitte liggies. Verhit 'n pan met olie in tot die olie baie warm is en gooi die omelet mengsel in. Lig die omelet saggies aan die kante sodat die ongekookte eierwit na die kante toe kan rol en ook kook.
Plaas 'n paar stukke blou kaas op die omelet en sprinkel van die pine nuts oor. Vou die omelet toe en verwyder vanuit die pan. Sprinkel nog so paar neute oor die omelet net vir die mooi.
Ek het vir die lekker sommer 'n paar repe rooi soetrissie ook in 'n pan gebraai wat ek met bietjie droee origanum en cayenne peper gesprinkel het. Gebruik klein bietjie van die peper as jy nie hou van te warm kos nie.
Die bord het pragtig gelyk. Ongelukkig het ek nie gedink daaraan om 'n foto te neem nie. Mooi repe rooi soetrissie langs 'n wit omelet met die neute orals gesprinkel. Feestelik.
Nou moet ek dringend begin inpak wat ek vermoed ons het 'n besige dag wat voorle en daar is nog baie min gedoen.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment